top of page
DJI_0249-min.jpg

SKOOL VIR DIE GEMEENSKAP, ONDERSTEUN DEUR DIE GEMEENSKAP.

DSC_0100.JPG

ONS IS BESIG OM PLATTELANDSE SKOOLLEWE NUWE DEFINISIE TE GEE

VISIE

Hoërskool Piet Retief is tans 'n skool vir die gemeenskap wat volhard in hul strewe na uitnemendheid op alle terreine.

IMG_4997.HEIC
IMPI

810

LEERDERS

6 tot 7

KLASSE PER GRAAD

DJI_0245-min.jpg

MISSIE

Ons missie is om 'n veilige tuiste te skep waar almal met waardigheid en respek behandel word.

Om 'n gebalanseerde lewenstyl te bevorder deur die ontwikkeling van 'n gesonde akademiese-, kulturele- en sportomgewing. Om kernwaardes soos respek, integriteit, uitnemendheid, lojaliteit en eerlikheid te kweek. Om elke leerder in totaliteit toe te rus tot verwesenliking van sy volle potensiaal.

BELANGRIKE INLIGTING VIR ALLE NUWE LEERDERS

Die skool begin soggens om 07:20 en sluit om 13:30.  Leerders wat vroeër moet huis toe gaan, sal slegs toegelaat word om die terrein te verlaat indien u, as ouer, die kind by die kantoor kom uitteken.

 

Skoolklere, sweetpakke, skooltasse, HPR-hemde en seilbroeke is by die klerewinkel op die skoolterrein te koop.  Skoolsportsakke en hokkiesakke is by die HPR-klerewinkel beskikbaar.  Geen ander sportsakke mag gebruik word nie.

bottom of page