Atletiek, Top-15

 HOËRSKOOL HOOGENHOUT TOP 15-ATLETIEKBYEENKOMS TE BETHAL,

  7 FEBRUARIE 2024

 

TYDENS HIERDIE PRESTIGE BYEENKOMS HET PIET RETIEF SE ATLETE 8 GOUE -, 9 SILWER –EN 6 BRONS MEDALJES VEROWER. WELGEDAAN!

 

Die Top 15 atletiekbyeenkoms is ‘n jaarlikse instelling waar puik atletiek gesien kan word. Elke span bestaan uit 15 lede. (Die verhouding seuns tot dogters is 8:7 of 7:8). Elke atleet mag aan twee items en 'n aflos deelneem. Daar mag nie meer as twee atlete in dieselfde ouderdomsgroep aan 'n item deelneem nie.

Uit die moontlike 30 items waaraan die span mag deelneem, moet die helfte baan- en die helfte velditems wees. Samestelling: 1 seun en 1 dogter per ouderdom. Die ander 5 atlete kan enige ouderdom wees.

 

Die ASA 2020 (APE) -Tabel word gebruik om die wenspan te bepaal. Die tien beste prestasies van die span word in berekening gebring.

 

Ons behaal ‘n totaal van 7388 ASA punte en ‘n gemiddeld van 739 punte.

Al vyftien atlete wat deelgeneem het, het die Pietie naam hoog gehou.           

 

Baie geluk aan die volgende atlete wat medaljes verower het: