Interhoër, 17 FEBRUARIE 2024

Die byeenkoms was die afgelope Saterdag aangebied by die Secunda Stadion. Die skole wat deelgeneem het aan hierdie byeenkoms is H/S Secunda, H/S Standerton, H/S Generaal Hertzog, H/S Volksrust, H/S Pionier, H/S Piet Retief en H/S Hoogenhout. Ten spyte van strawwe kompetisie het ons atlete hulle goed van hulle taak gekwyt. Ons seunspan eindig in die tweede plek. Groot opgewondenheid het geheers toe hulle aankondig dat H/S Piet Retief Algeheel Tweede is. Dit het weereens bewys dat elke plek wat die atlete verwerf maak ‘n verskil. Baie geluk aan Hoërskool Secunda wat die byeenkoms gewen het. Ons is voorwaar baie trots op elke atleet wat sy kant gebring het op die veld en baan.

 

Ons atlete behaal die volgende prestasies:

 

TROFEЁ ONTVANG:

BESTE SPRONGE SENIOR SEUNS:  Tiaan Korff (Hoogspring 780 ASA punte)

BEST TRACK ATHLETE SENIOR BOYS: Mpilo Nkosi (100m 822 ASA points)

 

25 GOUE MEDALJES!!!

Ons is veral trots op die feit dat ons verlede jaar slegs 8 goue medaljes gekry het. Dit was duidelik dat die atlete wat by Rochelle se voorseisoen-program ingeskakel het, nou die vrugte daarvan gepluk het!

 

 

18 SILWER MEDALJES

 

                                        

27 BRONS MEDALJES

 

 

 

TOP 10 PRESTASIES VIR DIE DAG:

 

 

 

Graag bedank ons elke spanbestuurder, afrigter en atleet vir julle toewyding en harde werk.

‘n Spesiale word van dank vir ons buite-afrigters Rochelle Taljaardt en Elani Gerber vir hulle bydrae om HPR-atletiek te bevorder. Saam maak ons ‘n wenspan. Dankie ook vir elke ouer en toeskouer vir u getroue ondersteuning.