top of page

Drie van ons atlete het Mpumalanga die afgelope naweek by die Suid-Afrikaanse Atletiek-afloskampioenskap in Pietermaritzburg verteenwoordig. Hulle is Mphile Zikalala, Mpilwentsha Nkosi en Gizelle van den Berg. Ons is trots om aan te kondig dat al drie atlete medaljes tydens die byeenkoms gewen het.

Die resultate was soos volg:

GOUE MEDALJES:

Mpilwentsha Nkosi was deel van die Seuns O/18 4X100m aflosspan, hulle het eerste gekom met 'n tyd van 0:42.32.

Mpilwentsha Nkosi

BRONS MEDALJES:

Mphile Zikalala het aan die Seuns O/20 4X400m-aflos deelgeneem waarin sy span derde gekom het met 'n tyd van 03:22.70.

Gizelle van den Berg het in die Dogters O/16 4x200m aflos gehardloop, haar span het die derde plek tydens die kampioenskap behaal. Hulle tyd was 01:50.60. Sy was ook deel van die Dogters O/16 Sweedse aflos (100m, 200m, 300m, 400m). Hulle het ook 'n bronsmedalje vir hierdie byeenkoms gewen met 'n tyd van 02:29.9.


Gizelle van den Berg
Mphile Zikalala

Congratulations to these athletes.

3 views

BOYS HOCKEY 2024

HPR VS OOSTERLAND:


O/14 (U/14): 1 - 2

(Anton Swanepoel)


O/16 (U/16): 0 - 11

(Blessing Mavuso & Sfiso Ngwenya)


1STE (1ST): 2 - 2

(Ethan James Watson)

0 views

ATLETIEK: SUID-AFRIKAANSE SEKONDÊRE SKOLE KAMPIOENSKAPPE 2024:


Nege van ons atlete het Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Sekondêre Skole Kampioenskappe verteenwoordig wat van 3 - 6 April 2024 plaasgevind het by Dal Josaphat in die Paarl.

Ons is uiters trots op hierdie atlete en hul prestasie en gedrag op en van die veld af.

Hulle uitslae was soos volg:

Tiaan Korff

O/19 Seuns Hoogspring:

Tiaan het derde gekom in hierdie item

met 'n hoogte van 1,94 meter (750 ASA-punte). Baie geluk met jou brons medalje, Tiaan. Jou harde werk en toewyding het vrugte afgewerp.



Fisokuhle Shabalala

O/15 Seuns 300m Hekkies & 200m:

Daar was 3 uitdunne in hierdie item.

Fiso het tweede gekom in sy halfeindstryd met 40.01 sekondes. Hy het gekwalifiseer vir die finaal waarin hy 5de gekom het met 'n tyd van 40.33 in 'n baie sterk wind (772 ASA-Punte).

Daar was 4 uitdunne en Fiso het 5de gekom in sy uitdun, met 'n tyd van 24.67 sekondes.



Mpilwentsha Nkosi

O/17 Seuns Aflos:

Daar was 4 uitdunne vir hierdie item.

Mpilwentsha het 'n 11.44 sekondes (721 ASA-punte) gehardloop, maar het nie vir die halfeindrondte gekwalifiseer nie.

Die aflosspan waarvan hy deel was, het 4de in die finaal gekom, met 'n tyd van

0:43.08 (484 ASA-punte)



Philasande Mathe

O/17 Seuns 110m Hekkies:

Daar was 2 uitdunne in hierdie item.

Hy het 4de gekom in sy uitdun, maar het ongelukkig nie vir die finaal gekwalifiseer nie. Sy tyd was 15.52 sekondes (745 ASA-punte).


Ziyanda Mashigo

O/15 Seuns 800m:

Ziyanda het 6de gekom in sy uitdun met 'n tyd van 2:06.98 (518 ASA-punte).



Samkelo Buthelezi

O/15 Seuns 400m:

Daar was drie uitdunne in hierdie item. Samkelo het 7de gekom in sy uitdun, met 'n tyd van 0:53.46 (737 ASA-Punte).


Sithuli Zulu

O/15 Seuns 200m:

Daar was vier uitdunne in hierdie item. Sithuli is steeds O/14 en het 'n 7de plek behaal in sy uitdun, met 'n tyd van 24.73 sekondes.



Corrie Kotze

O/15 Dogters Diskus:

Corrie het 25.32m (744 ASA-punte) gegooi, maar het nie vir die finaal gekwalifiseer nie.


Siphokazi Makhaza

O/17 Dogters Driesprong:

Siphokazi het 9.51m (630 ASA-punte) gespring, maar het nie vir die finaal gekwalifiseer nie.

Baie dankie, Rochelle Taljaard, vir die ondersteuning van die atlete in die Paarl, asook vir die harde werk wat jy ingesit het om hulle gereed te kry vir die avontuur.


1 view
bottom of page