KRIEKET

MPUMALANGA WENNERS!
Die Eerste Dogterskrieketspan van Hoërskool Piet Retief het in die finale rondte in die Dogterskrieketliga teen Hoërskool Bergvlam van Nelspruit te staan gekom. 
Vroeg die oggend van 1 Oktober 2014 het 13 begeesterde dogters (in groen en goud) by Bergvlam aangekom – reg vir die groot “geveg”. Die teenstaanders – in rooi – wagtend en heel optimisties. Die span was glo onoorwonne.
Alicia Giles, ons kaptein, het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Alicia self boul 4 beurte en neem een paaltjie en staan slegs 3 lopies af. Nicole Klingenberg boul vier beurte, vat een paaltjie en staan slegs 6 lopies af. Rylee Bronkhorst boul 4 beurte, staan 7 lopies af en vat 1 paaltjie. Madhi Jansen van Vuuren boul 4 beurte, vat 2 paaltjies en staan 5 lopies af. Jeanette van Biljon boul 3 beurte, vat 1 paaltjie en staan 9 lopies af. Angelic Klingenberg, die jongeling in die span, boul 1 beurt vir 6 lopies. Die uiteinde: Bergvalm teken 36 lopies aan in 20 beurte. Ons doelwit: 37 lopies!
Alicia en Madhi open die kolfbeurt. Alicia teken 9 lopies aan en Madhi 6. Jeanette teken 19 lopies aan. Ons wen met 9 paaltjies! Wat ‘n geseënde seisoen!
Elke provinsiale skolewenner word uitgenooi om in die Nasionale Skole Toernooi deel te neem. Die toernooi sal in Desember plaasvind. Ons is so bevoorreg om ons skool en provinsie tydens hierdie toernooi te gaan verteenwoordig. 
Baie dankie weereens aan al die ouers vir hulle ondersteuning. Dankie aan al die donateurs. Dankie vir die personeel van Hoërskool Piet Retief wat ons grootste ondersteuners is en ook ‘n spesiale dankie aan meneer Bouwer – al het sy musiekkeuse ons amper mal gehad. Ons waardeer dit.
Ons grootste dankie aan ons Hemelse Vader vir sy getrouheid en liefde. Ons het elke wedstryd vir Hom gespeel. Dankie vir al ons talente en om deel te kan wees van so ‘n puik span!
Nou vir die SA’s…..!!!
Op die foto: Mnr Bouwer, Angelic Klingenberg, Azelle Landman, Jeanette van Biljon, Zuneldi Labuschagne, Rylee Bronkhorst, Annette Rabe, Nicole Klingenberg, Leah Nel, Judhi Rens, Marsha van der Linde, Mev Erasmus. 
Voor: Mej Labuschagne, Madhi Jansen van Vuuren, Andrea Beneke en Alicia Giles.