Die byeenkoms was die afgelope Saterdag aangebied by Hoërskool Standerton. Die skole wat deelgeneem het aan hierdie byeenkoms is H/S Standerton, H/S Secunda, H/S Generaal Hertzog, H/S Hoogenhout, H/S Volksrust en natuurlik H/S Piet Retief!
Ten spyte van strawwe kompetisie het ons atlete puik presteer en kom ons algeheel derde! Ons is voorwaar baie trots op elke atleet wat sy kant gebring het op die baan. Ons MOTTO vir die dag was “ELKE PLEK IS ‘N PUNT”! Ons atlete het verbete geveg om onder die eerste ses plekke te wees sodat hulle ‘n punt vir die span kon verdien. Vier van ons top atlete is dan ook met trofeë beloon:
Beste Worpe Junior Dogter Lize de Beer Skyfwerp (30.95m) Beste Worpe Junior Seun Jandré Venter Skyfwerp (45.76m) Beste Spronge Senior Dogter Miéke van der Walt Hoogspring (1.59m) Beste Hekkies Junior Dogter Thabsile Mashabane 90Mh (14.40)
Die volgende EERSTE PLEKKE behaal (21 GOUE MEDALJES!):
Zené Jonker D 0/16 100m, 400m Deacon Pretorius S 0/15 100mH Thabsile Mashabane D 0/14 200m, 90mH, 100m
Zander Coetzee S 0/14 300mH, Verspring Henno Delport S 0/14 Spiesgooi Hugo Meyer S 0/15 Spiesgooi Angelic Klingenberg D 0/19 Spiesgooi Lize De Beer D 0/14 Skyfwerp Jandré Venter S 0/15 Skyfwerp Anika Paul D 0/17 Skyfwerp Gawie Blignaut S 0/14 Hoogspring Alton Lourens S 0/16 Hoogspring Mieke van der Walt D 0/17 Hoogspring Olwethu Zwane G U/14 Long jump Ruben Fouché S 0/16 400mH Judhi Rens D 0/19 Gewigstoot Aflos: Ruben Fouché Siyanda Blose Allester Giles Ndumiso Dludla S 0/16
Daarby behaal ons ook 22 tweede plekke, 29 derde plekke, 27 vierde plekke, 25 vyfde plekke en 22 sesde plekke. Voorwaar ‘n puik prestasie! Elke medalje-wenner is ook beloon met ‘n sonbril deur Mark Lawrence Optometrist.
Niemand kon ons entoesiastiese dirigente in hulle kleurvolle Flinstone-uitrustings mis kyk nie! Saam met die ywerige sangtoeskouers het hulle gesorg vir die nodige gees en aanmoediging.
Graag bedank ons elke afrigter, atleet, dirigent en sangtoeskouer vir julle toewyding en harde werk. Saam maak ons ‘n wenspan. Dankie ook vir elke ouer en toeskouer vir u getroue ondersteuning.