top of page

VRYDAG 28 AUGUSTUS 2020 NUUS



Laai gerus die PDF weergawe van hierdie skrywe af:

Download the PDF version of this letter:




Geagte ouers

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om die volgende inligting met u te deel wat betrekking het op ons volgehoue pogings om onderrig so suksesvol moontlik te laat verloop in hierdie uitdagende tye.

GR 12-leerders

Eerstens wil ek u verseker dat ons graad 12-leerders die volledige leerplanne in al hulle vakke sal voltooi, voordat die Rekordeksamen in September begin. Ons is een van die min skole in die land wat in Augustus ‘n voorbereidende eksamen geskryf het. Hierdie eksamen sal vir u as ouer ‘n aanduiding gee van u kind se vordering en gereedheid om die finale eksamen suksesvol af te lê. Verder was hierdie eksamen ook waardevol om leerders na maande weer aan eksamenomstandighede bloot te stel en om enige tekortkomininge te identifiseer.

Die departementele rekordeksamen begin op Maandag, 14 September 2020 en sal strek tot Maandag 12 Oktober 2020.
Dit sal essensieël wees dat alle matrikulante skool bywoon vanaf Dinsdag 13 Oktober 2020 tot Vrydag 16 Oktober 2020 aangesien rekordeksamenvraestelle uitgedeel en bespreek gaan word.
Dit is ook belangrik om kennis te dra dat die eerste finale eksamenvraestelle reeds in die 3de week van Oktober geskryf sal word (Lewensoriëntering 19 Oktober, Rekenaartoepassingstegnologie vraestel 1, 21 Oktober & Inligtingstegnologie vraestel 1, 22 Oktober)

Die moontlikheid van ons jaarlikse matriek-kerkdiens vir 16 Oktober 2020 word nog ondersoek hangende Covid beperkings.

GR 10- en 11-leerders

Gr 10- en 11-leerders woon huidiglik slegs elke tweede week skool by. Die bestuur van die skool het dit goedgedink om vanaf volgende week (31 Augustus tot 3 September) vir hierdie grade ook verpligte klasse in die middae aan te bied ten einde die tyd beskikbaar vir klasonderrig maksimaal te benut.

Maandae en Woensdae gaan gebruik word vir die assesseringsprogram volgens ‘n rooster wat Maandag aan die leerders bekend gestel sal word (Wiskunde is reeds vooraf geskeduleer vir Maandag en die leerders is reeds daarvan in kennis gestel)

Dinsdae en Donderdae sal gebruik word vir normale akademiese periodes wat strek van 14:15 tot 16:00


GR 8- en 9-leerders

Gr 8- en 9-leerders woon dus ook elke alternatiewe week skool by. In sekere vakke sal daar in die toekoms verpligte middagklasse aangebied word. Ons sal u egter betyds in kennis stel wanneer dit in werking tree.

Gedurende September sal u nodige dokumentasie ontvang om graad 9 ouers en leerders by te staan in die kies van vakke vir graad 10.


Ons is aktief besig om alle leerders se vordeing te peil en remediërend op te tree waar nodig.


Hoërskool Piet Retief het reeds voor baie ander skole ons leerders veilig teruggebring na die klaskamers en ons kan u dus gerusstel dat ons maklik aan departementele vereistes vir 2020 sal voldoen. Ons wil egter verseker dat alle kerninhoud van die jaar gedek word sodra ons leerders nie in 2021 nadelig beinvloed word deur die uitdagings van hierdie jaar nie.


Alle graad 8 – 11 leerders sal aan die einde van die jaar ‘n eksamen/toetsreeks skryf wat sal strek oor alle werk wat ons suksesvol in die beskikbare tyd voltooi het. Hierdie eksamen sal steeds bepalend wees ten opsigte van die bevordering van leerders aan die einde van die jaar.

Ons wil u graag verseker dat die leerders se akademiese vordering en prestasie ons prioriteit is en dat ons alles in ons vermoё sal doen om hulle by te staan in hierdie uitdagende tyd.

Groete

MNR SE Bouwer

 

Dear parents

I would like to take the opportunity to share with you the following information regarding our sustained efforts to ensure that teaching is taking place as optimally as possible during these challenging times.


Gr 12 learners

Firstly, I would like to assure you that before the start of the trial examinations in September, our grade 12 learners will have completed the complete teaching plan in all of their subjects. We are one of the few schools countrywide that wrote a preparatory exam in August. To you as a parent, this exam serves as an indication of your child’s progress and readiness to face the final examination successfully. Furthermore, this examination has also been useful in the sense that learners that have not been in an exam situation for many months, could write in exam circumstances in order to pinpoint possible shortcomings that need to be addressed.

The departmental trial exams are scheduled to start on Monday, 14 September 2020 to Monday, 12 October.
It is essential that all matriculants attend school from Tuesday, 13 October 2020 to Friday, 16 October 2020, seeing that trial exam question papers will be handed out and discussed.
It is also important to note that the first final exam question papers will be written in the third week of October already (Life Orientation on 19 October 2020, and on 22 October, Computer Application Theory Paper I and Information Technology Paper I.)

The possibility of our annual matric church service on 16 October 2020 is still under consideration, depending on Covid-19 restrictions.

Gr 10 and 11 learners

Grade 10 and 11 learners have been attending school every second week. The management of the school has considered it advisable that from next week (30 August to 3 September) compulsory afternoon classes be offered in order to optimally utilize available time for classroom-based teaching.

Mondays and Wednesdays will be used for the assessment programme according to a timetable which will be introduced to the learners on Monday, 31 August. (Mathematics has already been scheduled for Monday and the learners have been informed accordingly.)

Tuesdays and Thursdays will be utilized for normal academic periods which will be running from 14:15 to 16:00.


Grade 8 and 9 learners

Grade 8 and 9 learners thus also attend school every alternative week. In certain subjects, extra classes in the afternoons may be introduced in the future. We will, however, inform you timeously when this is set to happen.

During September you will receive the necessary documents to assist Gr 9 parents and learners in their selection of choosing subjects for grade 10.

We are busy assessing all learners’ academic progress and remedial steps will be taken where required.


Piet Retief High School has managed to return our learners safely to classrooms before many other schools and we can therefore assure you that we will easily manage to comply with departmental requirements for 2020. We do, however, want to ensure that the core content of the year is adequately covered so that in 2021, our learners will not be negatively impacted by the challenges of this year.


At the end of this year, all grade 8 −11 learners will be writing an examination/ test series. The scope of these exams/ tests will be on all of the work successfully completed during the available time. This examination will determine the promotion of learners at the end of the year.

We would like to assure you that the academic progress and achievement of learners remain our priority and we will do everything we can to support them in these challenging times.


Greetings

Mr SE BOUWER

bottom of page