top of page

100% LANDSDIENS NASIONAAL


Die 28ste Julie was drie van Hoërskool Piet Retief se Landsdieners gereed om die lang pad na Brits aan te durf. Na ‘n oorslaap in Pretoria, was ons gereed om almal te wys van watter staal Piet Retiewers gemaak is. Die kamp was een van die lekkerste kampe wat ek al bygewoon het. Daar was ‘n hindernisbaan met oor die twintig stasies waarvan ons agttien gedoen het. Besmeer en moeg, het almal ‘n kans gekry om op die “foefie slide” te wys waarvan hulle gemaak is. Die lantern bekruip was ‘n bietjie ,doringrig, maar baie van die groep het dit reggekry om tot naby die lantern te kom. Na boeresport en dink-speletjies was dit lekker om op ‘n wildrit te gaan en meer van die natuur te leer (Akasia bome se bas stop bloeding!) en na ‘n interessante praatjie oor reptiele en spinnekoppe is ons kinders reg om enige iets in die natuur te trotseer. Sommiges was braaf genoeg om vir foto’s te poseer met ‘n slang om die nek. Baie geluk aan Nikitha Visagie, Willie van Raaij en Adriaan Bouwer wat gekies is om Mpumalanga in Desember by Nasionaal te verteenwoordig. Welgedaan!

bottom of page