top of page

UITSLAE: VOLKSRUST-BYEENKOMS VRYDAG 27 JANUARIE 2017

HPR ATLETIEK

Ons het die afgelope Vrydag 'n heerlike Middag-aand byeenkoms by Volksrust bygewoon. Die skole wat deel was van hierdie byeenkoms was: Hoërskool Volksrust, Hoërskool Ferrum, Pongola Akademie en natuurlik Hoërskool Piet Retief. Ons atlete presteer weereens pragtig en gebruik ons hierdie welslae as motivering vir Interhoër op 18 Februarie 2017.

Die volgende atlete word ook aan die einde van die byeenkoms beloon met 'n trofee:

BESTE WORPE: SEUN

Stefan de Beer

S O/16

Skyfwerp

50,09m (Nuwe rekord)

829 Punte op die ASA 2016 tabel

BESTE WORPE: DOGTER

Judhi Rens

D O/17

Gewigstoot

11.09m

824 Punte op die ASA 2016 tabel

BESTE SPRONGE: DOGTER

Mieke van der Walt

D O/16

Hoogspring

1.50m

540 Punte op die ASA 2016 tabel

BESTE HEKKIE ATLEET: DOGTER

Zené Jonker

D O/15

90mH

14.50

802 Punte op die ASA 2016 tabel

Ons behaal 53 eerste plekke, 50 tweede plekke en 40 derde plekke.

Baie dankie vir elke ouer en ondersteuner wat so getrou op julle pos langs die laan is. Dit het sommer gevoel asof ons tuis is met soveel ouers op die pawiljoen. Die kinders en afrigters waardeer u positiewe ondersteuning!

bottom of page