top of page
ONS DOEN DIT WEER!
Vir ‘n plattelandse skool is dit elke jaar ‘n hoogtepunt om na Potchefstroom toe te reis vir die finale wedstryde van die NWU Sportreeks (eers bekend as die PUK16 Sportreeks). Hierdie jaar was die uitsondering van die geval want Hoërskool Piet Retief het met harde werk en hoog gemotiveerde spanne gaan uitgespeel vir die trofee.
Die Netbal, Seunshokkie, Golf en Skaak het op Vrydag 20 April 2018 hulle staal gewys. Die Netbal het teen die einde van die dag vir almal laat weet dat hierdie skool se naam vir lank bespreek gaan word omdat hulle algeheel tweede geindig het wat beteken dat hulle goeie kans staan om volgende jaar die trofee vir algehele wenners kan huis toe bring. Volgens die Netbal afrigters het elke span goeie discipline en sportmanskap op en van die veld af gewys. Terwyl ons op die Netbal onderwerp is kan ons berig dat die volgende leerders deurgedring het tot die finale Mpumalanga Proewe:
Anzel Kuhn, Thabsile Mashabame, Tanya Moyo, Tsholofelo Rammontsha & Aneska Smit.
Terug na Die NWU Sportreeks het die Seunshokkie weer vir ‘n aksiebelaaide dag gesorg. Anders as die ander sportsoorte wat net een wedstryd tydens die finaal speel speel die seunshokkie ‘n toernooi van tenminste 5 wedstryde op een dag. Dit verg baie fiksheid en determinasie. Die Hoërskool Piet Retief se eerste seunshokkie het met alles in hulle geveg en eindig 4de in die reeks.
Die golf het vir ‘n opwindende golfsessie gesorg en is daar ‘n paar spelers wie moontlik in hulle toekoms by Sun City ‘n paar balle met die regte baansyfer gaan kan slaan. HPR se golf ending algeheel 2de
Skaak by HPR is tans besig om ‘n gesogde sport te word. Die span het skoonskip gemaak met VYF bordwenners en wen dan die toernooi. Volgens die afrigters was hulle doelwit om ook op die hoof rugbyveld ‘n trofee te ontvang al was dit nie van kontak sport nie maar van strategiese skuiwe en slim beplanning.
Saterdag 21 April 2018 was die dag waarop HPR Hokkie en rugby die dag binne gegaan het met die wete van die vorige dag se goeie uitslae en dat die verwagting is dat hulle moet voort bou op die uitslae.
Die hokkie het bevestig dat Mpumalanga hokkie nie die maklikste liga is om in mee te ding nie, lees gerus aan die einde van die berig die uitslae van die hokkie. Eerste span wen plaat met ‘n uitmuntende telling van 7-0. Die meisies kan nou met ‘n geruste hart hulle spel vervolmaak en die nuwe liga ingaan met een doelwit voor oë en dis om die Mpumalanga liga se wenners te wees. Ons spelers wat deur is na die finale Mpumalanga proewe is :
Zuneldi Labuschagne, Simphiwe Mnisi, Ntokozzo Dube, Miekè van der Walt, Hlengiwe Dladla, Cherene Brits, Jenske De Villiers en Thobile Nhleko.
Met die rugby wedstrydbepalings het HPR drie spanne gehad wat uitgespeel het vir die trofee. Daar was naelbyt-oomblikke en baie luide aanmoediging van die kant af. Die o/14 en o/15‘s het met slegs een punt in die laaste minuut verloor. Afrigters van beide spanne voel dat die seuns wel hul alles gegee het en dat hulle volgende jaar sal terugkeer om die titel te wen. Die Eerste span wen met groot oortuiging. Wat ‘n oorwinning. Hulle eindig 5de algeheel. Die volgende spelers wat gerus dopgehou kan word in die seisoen is die spelers wat genooi is vir die finale PUMA proewe wat in die eerskomende weke afgehandel gaan word: Sphe Methwa, Mfihla Phakathi, Nathi Mtethwa wat gekies is vir die TID Squad. Daar is ook ‘n hele paar juniors wat nog besig is met uitspeelproewe.
Ons wil graag spesiale vermelding maak van die o/16 Rugbyspan. Hulle wen elke wedstryd wat hulle deur die seisoen gespeel het met ‘n oortuigende wentelling. Hierdie span is beide op en van die veld af, ‘n hoogs gedissiplineerde klomp jong seuns. Hulle is toegwyd en doelgerig. Hulle skroom nie om sosiale tyd in te kort om te werk aan hulle fiksheid en “game planning” nie. Ons is trots om te kan berig dat hierdie HPR o/16 rugbyspan “Die Willehonde” die derde jaar in ‘n ry met die NWU Sportreeks se trofee weggestap het. ‘n Blink toekoms wag vir hierdie klomp seuns.
Om alles op te som en om ons borskaste nog breër van trots te laat bult is dit met groot vreugde dat Hoërskool Piet Retief aangewys is as NWU Sportreeks – PUK16 se Sportskool van die jaar. Ons hoof Mnr Berrie Bouwer het terug by die skool elke deelnemer geluk gewens en ook hulle sterkte toegewens met die volgende liga wat eersdaags afskop. Mnr Bouwer beklemtoon die belangrikheid van nederigheid.
2018 NWU-PUKKE-16-REEKS uitslae:
NETBAL:
O/14: verloor 7-24 teen Leeuwenhof. Speler van die wedstryd 0/15: Wen Leeuwenhof 26-24; Speler van die wedstryd 0/16: Verloor Alberton 15-20; Speler van die wedstryd 2de: Verloor Vryburg 9-23; Speler van die wedstryd 1ste: Wen Alberton 36-33. Speler van die wedstryd
Netbaltrofee 2018 posisie: 3de PTA Noord, 2de Piet Retief en 1ste Leeuwenhof. Mis dit met 7 punte.
SENIOR SEUNSHOKKIE:
1ste wedstryd: Wen Overvaal 1-0; man of the match SNE NGIDI 2de wedstryd: Wen Leeuwenhof 3-0; man of the match JOSHUA KRITZINGER Semi-finaal: Verloor
Ferrum 4-0.
GOLF
Baie geluk golf seuns. Tweede algeheel. Pta Noord het gewen.
RUGBY:
0/14: Verloor teen Vryburg 14-13. Duan Momberg is die “man of the match “. 0/15: Verloor 13-14 teen Fochville; Jandrè Venter is die speller van die wedstryd. 0/16: Wen Vryburg 47-0. Walter Klingenberg is man of the match. 2des: Wen Fochville 49-3. Man of the match Chesta Dladla. 1stes: Wen Vryburg 31-13. Man of the match is Spe Mtetwa.
HOKKIE:
0/14: Wen Leeuwenhof 3-0; speler van die wedstryd Nosipho Nkosi 0/15: Gelyk 0-0 speler van die wedstryd JENSKE DE VILLIERS O/16: Wen Vryburg 5-0. Speler van die wedstryd BIANCA ISAACS 2des: Gelyk teen Wolmaransstad 1-1; speler van die wedstryd 1stes: Wen Schoonspruit 7-1. Speller van die wedstryd
SKAAK: HPR en Ferrum speel vir goud en silwer en hulle kom toe gelyk. Toe die punte opgetel is het HPR goud gewen.
bottom of page