top of page

STERKTE MET DIE PAD VORENTOE.


Vir die afgelope 23 jaar is Mev. Annelene van Rensburg ‘n onderwyseres by Hoërskool Piet Retief.

Sy is ook die grootste deel van haar tyd by die skool betrokke by die Landsdiensbeweging, wat baie geleenthede bied om nasionale- en streekskampe by te woon waar sy ook die geleentheid kry om ons land en sy mense beter te leer ken.

In 2018 word sy aangestel as Departementshoof: Tale en kon sy haar mentorskap verder by die skool voortleef. As lid van die skool se bestuur het sy as mens baie gegroei en nuwe vaardighede geleer. Om elke dag voor ‘n klas te kan staan en haar liefde vir Afrikaans te kon uitleef, was definitief vir haar die rede om elke dag op te staan. Dit is haar passie en sy is dankbaar dat sy tot en met haar aftrede haar passie kon uitleef. Die raad wat sy vir die jonger generasie onderwysers het is: Behou jou passie vir die onderwys, wees bereid om voortdurend te leer en hou jou oë op die Here gerig.

Sy en haar man, Barry, beplan om in Rheebok in die Suid-Kaap te gaan aftree, meer te toer, die lewe te geniet en ‘n ouma en oupa te wees vir hulle sewe kleinkinders.

“By Hoërskool Piet Retief kon ek altyd myself wees, gelukkig wees en ek is dankbaar dat ek die wedloop kon voltooi.” Besondere woorde van Mev. Annelene van Rensburg.

Ons sal haar onthou as iemand wat altyd omgee vir haar medeme en ‘n besondere plek het vir elke leerder, onderwyser en haar taal, Afrikaans. Iemand wat opstaan vir dit waarin sy glo en altyd ‘n voorbeeld stel.

Sterkte met die pad vorentoe. Ons wens jou nog baie geseënde en voorspoedige jare toe en geniet die aftrede. Baie dankie vir dit wat jy vir ons elkeen beteken het en baie dankie vir al die jare se getroue diens.

bottom of page