top of page

Suid-Afrika se hokkiedoelwagter deel haar kennis



Suid-Afrika se hokkiedoelwagter, Marlise van Tonder, en haar suster, Chantelle van Tonder, het Hoërskool Piet Retief se doelwagters 'n ding of twee kom wys op Saterdag, 4 Februarie 2023.

Chantelle van Tonder is tans Tuks 1 se doelwagter en hierdie twee sussies het ons verreik met 'n skatkis van kennis en vaardighede. Die dag is in twee sessies verdeel, sodat die Hoërskool en die laerskole in ons area kon baatvind by dié geleentheid. Daar was altesaam 16 doelwagters wat vir sewe ure afrigting van onskatbare waarde ontvang het.

'n Spesiale dank aan die HPR-Ondersteunersklub, sonder die borgskap sou so 'n dag nie moontlik gewees het nie. Baie dankie ook aan Charlene Putter van Mamma Mia wat gesorg het dat die afrigters lekker slaap en eet!



bottom of page