top of page

UIT DIE HOOF SE KANTOOR 8.5.2020 & Koshuis informasie.

Na ons bestuursvergadering berig ons graag oor die volgende:

1. Veiligheid van leerders

1.1. Sodra die leerders terugkeer skool toe sal die volgende maatreёls in plek wees:

• Handreinigers

• Papierhanddoekrolle vir die kleedkamers

• Klaskamersanitasie

• Geen kontak termometers


1.2. Daar word tans aan ‘n rooster gewerk om te voorkom dat daar te veel leerders op een slag in ‘n klaskamer is. Dit kan dus beteken dat klasse verdeel gaan word. Meer besonderhede hieroor sal volg.


1.3. Die bestuur sal definitiewe reёls en regulasies vir die gebruik van badkamers, afstand tussen leerders gedurende pouses, klaswisseling en tydens die gebruik van die kafeteria daarstel

2. Akademie

2.1. Geen inligting in verband met Kurrikuluminkorting is nog ontvang vanaf die Departement van Onderwys nie.

Die bestuur voel dat nuwe werk in elke vak nou in oёnskou geneem moet word, aangesien daar vir vier weke reeds hersiening gedoen is.


2.2. Die bestuur is in die proses om na praktiese reëlings te kyk insake voorsiening van notas in die geval van ‘n gebrek aan data wat ‘n probleem blyk te wees by sommige leerders.


2.3. Die bestuur waardeer ouerbetrokkenheid en -ondersteuning, maar die onus om die werk te bestudeer en die opdragte uit te voer, rus op die leerders.

Indien probleme met die werk ondervind word, is die leerder welkom om die betrokke onderwyser vir hulp te vra. Ons verkies dat leerders onderwysers per epos kontak.

3. Whatsapp groepe

3.1. Daar word weer eens ‘n ernstige beroep op ouers gedoen om hulle te weerhou van die gebruik van whatsapp groepe om skoolaangeleenthede te bespreek. Baie griewe word daar gelug, maar bereik nooit die skool nie, daarom vra ons dat u asseblief die skool via die webwerf kontak.

Die besprekings wat wel op die groepe gebeur, kan verwarring veroorsaak.


4. Koshuis


4.1. Alle koshuisleerders en ouers moet asseblief die aangehegte dokument deurlees. U sal meer lees oor fooie en ander belangrike inligting.


Koshuisbrief Mei 2020
.pdf
Download PDF • 295KB

Baie dankie vir u volgehoue begrip en ondersteuning in hierdie tyd.

After our management meeting, we are happy to give the following feedback:

1. Safety of learners

1.1 When learners return to school, the following measures will be in place:

· Hand sanitizers

· Paper towel rolls in bathrooms

· Sanitize of the classrooms

· Temperature guns

1.2. A timetable to prevent too many learners being in a class simultaneously is being drawn up. This might mean that classes will be split. More details in this regard will be forwarded.

1.3. Management will set definite rules and regulations regarding the use of the bathrooms by learners and physical distancing required of learners during break times, between periods and for the use of the cafeteria.

2 Academics

2.1. As of yet, no information regarding the abbreviated curriculum has been received from the Department of Education.

Management is of the opinion that new work can now be considered, as for four weeks only revision has been done.

2.2. Management is in the process of making practical arrangements to provide notes to some learners that may be experiencing a shortage of data.

2.3. We as management appreciate parental involvement and support, but want to emphasise that the learners have the final responsibility to work through the notes and do the tasks. Should a learner experience any problems with the work, they may ask the relevant educator for help. We prefer that educators be contacted via email.

3. Whatsapp groups

Once again, we ask that parents refrain from discussing school-related issues on whatsapp groups. Many grievances are aired this way, but unfortunately never reach the relevant party at school. Rather make use of the website to contact the school. Discussions on the whatsapp groups can very easily lead to confusion.


4. HOSTEL


4.1. All hostel learners and parents please open the attached letter. You will find information regarding fees and other important arrangements.


Hostel letter May 2020
.pdf
Download PDF • 295KB

Thank you very much for your continued support and understanding during this time.

bottom of page