ATKV Redenaars


HPR REDENAARS

SLIM SLIMMER SLIMSTE!

Hoërskool Piet Retief het oor die jare ‘n trotse redenaarstradisie opgebou.

Hierdie jaar skop ons af met ons eerste rondte vir die ATKV-Redenaars, op Woensdag die 13de April te Ermelo. Die deelnemers het soos gewoonlik ‘n baie hoë standaard gestel en met hulle spraakkuns, gewoeker. Die deelnemers was as volg:

Seniors – Andrea Beneke en Armand Lombard (Voorbereid) asook Elizna Stapelberg, Ananja de Bruyn, Marli Luyt en Amy Ballantyne (Onvoorbereid).

Juniors – Miéke van der Walt en Angelique Steenekamp (Voorbereid) asook Elné Labuschagne, Monique Potgieter, Elzé van Eeden en Stefan de Beer (Onvoorbereid).

Elke spreker het hulle goed van hulle taak gekwyt, die leerders wat na die semifinaal deurgaan is: Miéke, Angelique en Elné.

Baie geluk julle!

Nie nét “gladde bekke” dra by tot ons skool se prestasies in redenaars nie, maar die passievolle juf. Gildenhuys ook, wat ons redenaarstradisie jaar na jaar tot hoër hoogtes lei.

“Man is only great when he acts from passion”, dis hierdie Juffrou se aansteeklike passie vir redenaars wat aan haar deelnemers oorgedra word. Baie dankie vir Juffrou se bydrae aan die wonderlike tradisie.

Pieties wys weereens, dat daar beslis met hulle rekening gehou sal moet word.

GOED BETER BESTE!

Armand Lombard

Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square