SA-Oefenkamp Rugby

Die komende vakansie is daar drie rugbyspelers van Hoërskool Piet Retief wat gaan deelneem aan ‘n prestige SARU-rugbykamp. Spelers word deur SA-rugby uitgenooi om die kamp by te woon en daar is slegs sowat 50 spelers in die land uitgenooi.

Daar is vier spelers van PUMA-kontrei, waarvan drie van Hoërskool Piet Retief afkomstig is, Lindelani Makhanya, Khulani Mavundla en Sibusiso Madonsela. Die seuns sal vanaf O.R. Thambo-Lughawe in Johannesburg vlieg na die Kaap, waarvandaan hulle by ander spelers sal aansluit om hulle kamp by Hoërskool Hugenote in Wellington by te woon.

Ons wens die seuns alle sterkte toe aangesien hulle strawwe toetse sal ondergaan om te sien of hulle kan kers vashou by die bestes in die land.

Hierdie is ‘n uitsonderlike prestasie wat ons skool te beurt geval het en ons is baie trots op hierdie drie rugbyspelers.

Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square