Met waardering aan Borge

Elke skool is net so sterk soos hulle ondersteunings-raamwerk . Hoërskool Piet Retief is hierdie laaste paar weke bederf deur onder andere TWK, Pick n Pay, Santam en SA-SOS. Hierdie is maar net ‘n paar van die borge wat gaan verseker dat ons skool hierdie nuwe Rugby, Netbal en Hokkie seisoen soos ware wenners gaan lyk.


Ons verwelkom hierdie seisoen ‘n nuwe borg SA-SOS wat hierdie jaar by ons aangesluit het. Johan Wolmarans, CEO van SA-SOS het vandeesweek opwarmingshemde oorhandig vir ons o/14 Rugby en o/15 Hokkie spanne. Ons sien uit na ons vennootskap.

Verlede week het ons ‘n Eerste Span- bekendstellingsfunkies gehad. Tydens hierdie funksie het Pick n Pay en TWK se verteenwoordigers die eerste spanne se nuwe klere oorhandig.

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om die bogenoemde borge te bedank. Met sulke spogklere kan ‘n mens net presteer!

Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square