HPR Redenaars 2017


Die Redenaars was aan die begin van die jaar so effe van koers af. Net voor dit voel asof ons verdwaal tussen standpunte, bronne en voorsitters, is ons “groot gemis”, juffrou Gildenhuys weer in volle glorie terug om ons soos altyd aan te moedig en te ondersteun. Welkom terug Juffrou sonder Juf. is ons verseker verlore!

Ons is trots om te berig dat die volgende redenaars deurgedring het na die semifinale rondte van die ATKV wat op 9 Junie te HTS Middelburg sal plaasvind:

Miéke van der Walt, Armand Lombard, Amy Ballantyne en Moné du Plessis

Welgedaan en sterkte aan hierdie gladdebekke!

- Armand Lombard

Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square