HPR GOUE MEDALJE VRIENDSKAPLIKE BYEENKOMS GEHOU OP 10 FEBRUARIE 2018

Die skole wat aan hierdie byeenkoms deelgeneem het was: Hoërskool Volksrust, Hoërskool Pionier, Hoërskool Ferrum, Hoërskool Vryheid, Vryheid Landbou, Pongola Akademie en natuurlik Hoërskool Piet Retief.

Tydens hierdie byeenkoms word die volgendeTROFEË deur HPR atlete verower: BESTE VELDPRESTASIE: SEUN Stefan de Beer S O/17 Skyfwerp 48.6m 828 ASA Punte BESTE VELDPRESTASIE: DOGTER Lize de Beer D O/14 Skyfwerp 31.04 917 ASA Point BESTE HEKKIEPRESTASIE: SEUN Duan Momberg S O/14 100mH 14.72 803 ASA Points

Ons atlete behaal dan ook 53 welverdiende EERSTE PLEKKE, 53 TWEEDE PLEKKE en 25 DERDE PLEKKE.

Die volgende NUWE REKORDS word tydens die byeenkoms opgestel: Zené Jonker D O/16 100mH, 100m en 200m Deacon Pretorius S O/15 100mH Mieke van der Walt D O/16 400mH Ruben Fouché S O/16 400mH Thabsile Mashabane D O/14 100m Angelic Klingenberg D O/19 Spiesgooi Stefan de Beer S O/17 Skyfwerp

Hou gerus ons atlete dop eerskomende naweek tydens die TWK Agri - HOËVELD INTERHOËR op 17 FEBRUARIE 2018 wat gehou sal word by Hoërskool Standerton.

Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square