Nuus vanuit die fietskamp – Hoërskool Piet Retief High School



Saterdag, 27ste Maart, was daar verskeie Piet Retief-fietsryers wat aan die Mpumalanga XCO #1 wedren in Middelburg deelgeneem het.

Die XCO wedren is die eerste in ‘n reeks van vier op provinsiale vlak. Dis ‘n wedren waartydens deelnemers ry volgens ouderdomskategorieë om ‘n baan van 5.9km rondtes. Die baan is tegnies met heelwat hindernisse, maar ook groot pret vir die wat hou van ‘n bietjie adrenalien.

Die dag was vol pret en ten spyte van streng Covid-19-maatreëls en protokol het almal die verrigtinge baie geniet.


Onder die deelnemers van Piet Retief was daar twee leerders van HPR wat die volgende plekke behaal het.


Sub-Youth (13-14): Logan Potgieter, graad 8, het aan sy heel eerste fietswedren deelgeneem en ‘n uitstekende 8ste plek behaal uit 22 meer ervare ryers.

Youth (15-16): Henré Putter, graad 9, het die 19 ander ryers aangevat en ook ‘n uitstekende 6de plek behaal. ‘n Persoonlike beste ook vir hom.

Welgedaan! HPR is trots op julle.
Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square