
TOELATINGSBELEID
-
Ouers móét 'n toelatingsvorm invul vir toelating tot die skool voor einde Augustus die vorige jaar. Daarna word slegs leerlinge geplaas wat aan die toelatingsvereistes voldoen in klasse waar daar nog plek beskikbaar is.
-
Alle aansoekvorms moet volledig ingevul word. Indien daar vals inligting op aansoekvorms weergegee word, sal toelating summier geweier word. 'n Amptelike gewaarmerkte afskrif van die geboortesertifikaat moet ingehandig word. 'n Rapport van die vorige skool, asook ‘n water- en-elektrisiteitsrekening wat u adres duidelik toon, moet ook aangeheg word.
-
'n Ouer moet bewys lewer dat die leerder geïmmuniseer is teen polio, masels, tuberkulose, diphtheria, tetanus en hepatitis B.
-
‘n Leerder wat drie jaar ouer is as die norm ouderdom van leerlinge in sy graad, sal nie toegelaat word in daardie groep/graad nie.
-
Indien 'n leerder meer as eenmaal druip in 'n graad/fase, sal so 'n leerder nie toegelaat word nie.
-
Wanneer na moontlike aansoeke gekyk word, word voorkeur gegee aan leerders in ons voedingsarea.
Indien u nie betyds kon aansoek doen nie,
Vul asb vir ons hierdie vorm in sodat ons u kan inlig sodra daar 'n plek beskikbaar is vir u kind.