top of page

SKOOLUNIFORM

Bring leerders van diverse afkoms saam.

BASIESE NETHEIDSREËLS VIR SKOOLDRAG

Aan die begin van die jaar sal spesifieke bepalings in die netheidreëls in oorleg met die VLR bespreek word. Enige veranderinge sal aan leerders deurgegee en toegepas word.

Leerders wat herhaaldelik, na waarskuwing, ‘n netheidsreël oortree sal gestraf word volgens die dissipline- stelsel.

ALGEMEEN

BAADJIES:

Groen skoolbaadjie met 'n gewone skoolwapen op sak.

Slegs leerders wat toekennings verwerf het, mag sodanige balkies aanbring.

TRUIE:

Groen skooltrui met gestreepte v-nek.

OORTREKTRUI:

Groen skooloortrektrui met gestreepte v-nek/wit skooloortrektruie vir matrieks.

Geen oortrektruie mag bo-oor skooltruie gedra word nie!

DASSE:

Groen skooldas met skoolwapen vir alle leerders.

Slegs eerstespanne mag gestreepte dasse dra.

SKOOLKLERE

HPR KLEREWINKEL

Ons skool se klerewinkel, wat op die perseel geleë is, bied al die klere-items wat leerders nodig het. Die winkel beskik oor die nuutste ontwerpe en style van ons verskillende klere-items wat met ons skool se wapen versier is. Die winkel bied beide nuwe en gebruikte klere teen billike pryse aan.

Ons klerewinkel is elke oggend van Maandag tot Vrydag vanaf 07:00 tot 07:30 oop.

Tye vir die res van die week is soos volg:

Maandae en Donderdae

13:00 - 15:00

Dinsdae en Woensdae

13:00 - 14:00

IMG_5702.HEIC
bottom of page