top of page

AANVANG EN VERDAGING VAN SKOOLDAG

AANVANG

Daar lui 2 klokke in die oggend .

Die eerste klok lui om 07:20. Alle hekke word gesluit. 'n Leerder wat buite die skoolterrein is, word beskou as laat en word slegs by die hoofhek ingelaat indien hy/sy vergesel word deur 'n ouer/voog.

Die leerder én ouer/voog moet by Navrae aanmeld waar die leerder se naam aangeteken word. Indien 'n leerder 3 keer laat is, word die leerder gestraf met 'n detensie.

'n Tweede klok lui om 07:22. Leerders moet dan reeds ordelik aangetree wees sodat die VLR saam met die UR register kan neem

MAANDAE sowel as die DIE DAG WANNEER DIE SKOOL HEROPEN
 

  • Leerders tree alfabeties aan vir saalopening in registerklasverband.

  • Wanneer die klok om 07:30 lui, moet daar orde wees en neem die VLR saam met die Uitvoerende Raadslid onmiddellik register.

Graad 8 en 9

     Op grasperk voor die hoof se kantoor.

Graad 10 en 11

     By sydeure van saal.

Graad 12

By agterste deure van saal.

  • Leerders stap ordelik, flink en in rye die saal binne.

  • Uitvoerende Raad is verantwoordelik vir orde. Elke raadslid vergesel die graad waarby hy/sy ingedeel is.

  • Leerders bly stil en staan op wanneer die hoof en personeel die saal binnekom, sodat die opening in 'n gewyde atmosfeer kan plaasvind.

 

DINSDAE TOT VRYDAE

  • 07:22 Tweede klok lui.

  • Alle leerders moet reeds alfabeties en in registerklasverband aangetree wees in die vierkant.

  • Daar moet nou orde heers. Die VLR saam met die UR-lid neem onmiddellik register.

  • Leerders bly stil sodat daar met skriflesing en gebed geopen kan word.

  • Op Vrydae word geen leerder tydens registerperiode toegelaat om buite die klas rond te staan nie.

VERDAGING AAN DIE EINDE VAN DIE DAG

  • Leerders mag aan die einde van die dag, eers ná afhandeling van die afkondigings, afsluiting en die lui van die klok, om 13:30 verdaag.

  • Daar word van die klasse verwag om absoluut stil te wees tydens afkondigings en afsluiting. Indien wanorde heers sal die klas as geheel teruggehou word, totdat die skuldiges geïdentifiseer en na behore gestraf is. Die skool sal in so 'n geval nie aanspreeklik gehou word vir enige vervoerprobleme van leerders nie.

Afwesighede

​

INHANDIGING VAN REGISTERS

Nadat die register geneem is, moet die VLR lede dit ONMIDDELLIK na die Uitvoerende Raadslid neem.

DSC_0113.JPG

Reëls

Die reëls en regulasies kan deur die loop van die jaar gewysig word deur die bestuurspan van die skool, óf die bestuursraad soos genoodsaak deur faktore wat teen druktyd nog nie bekend was nie of na druktyd verander het. Nieteenstaande, die bogemelde reëls en regulasies, sal die finale diskresie van die toepassing, interpretasie en wysiging daarvan by die bestuurspan of die bestuursraad van die skool, berus.

bottom of page