NWU-SPORTREEKS SEMI-FINAAL 2023

SKOOL VIR DIE GEMEENSKAP, ONDERSTEUN DEUR DIE GEMEENSKAP.

ONS IS BESIG OM PLATTELANDSE SKOOLLEWE NUWE DEFINISIE TE GEE
VISIE
Hoërskool Piet Retief is tans 'n skool vir die gemeenskap wat volhard in hul strewe na uitnemendheid op alle terreine.



MISSIE
Ons missie is om 'n veilige tuiste te skep waar almal met waardigheid en respek behandel word.
Om 'n gebalanseerde lewenstyl te bevorder deur die ontwikkeling van 'n gesonde akademiese-, kulturele- en sportomgewing. Om kernwaardes soos respek, integriteit, uitnemendheid, lojaliteit en eerlikheid te kweek. Om elke leerder in totaliteit toe te rus tot verwesenliking van sy volle potensiaal.
BELANGRIKE INLIGTING VIR ALLE NUWE LEERDERS
Die skool begin soggens om 07:20 en sluit om 13:30. Leerders wat vroeër moet huis toe gaan, sal slegs toegelaat word om die terrein te verlaat indien u, as ouer, die kind by die kantoor kom uitteken.
Skoolklere, sweetpakke, skooltasse, HPR-hemde en seilbroeke is by die klerewinkel op die skoolterrein te koop. Skoolsportsakke en hokkiesakke is by die HPR-klerewinkel beskikbaar. Geen ander sportsakke mag gebruik word nie.

LEERDERONDERSTEUNING
Ons bevorder holistiese onderrig. Die leerders het die geleentheid om ons berader, Dr. Jackie Pretorius, by afspraak te sien. Dit word vertroulik hanteer en sy bied ondersteuning vir die leerders.
Dr. Jackie Pretorius besoek die skool weekliks, maar sou ‘n leerder ń afspraak wil maak buite daardie dae, kan 'n leerder by ontvangs navrae doen.