top of page

Die prosedures om te volg wanneer leerder afwesig is.

Afwesighede

Daar word deur die jaar informele en formele assesserings gedoen. Dit is daarom belangrik dat ons kennis neem wanneer 'n leerder nie by die skool sal wees nie. 

DSC_1521.jpg

ALGEMEEN

Indien 'n leerder afwesig is:

  • Ouers is verantwoordelik om die skool in kennis te stel.

  • Indien dit nie moontlik is vir die ouers om die skool te kontak nie, moet 'n brief of doktersertifikaat ingehandig word die dag wat leerder terugkeer na afwesigheid.

'n Leerder, wie se ouers nie verskoning maak nie, word gestraf met 'n detensie

IMG_5109.HEIC

TOETSE

​

Indien 'n toets na die tyd geskryf word, mag die punte nie tel nie.

Alleenlik 'n doktersbrief word aanvaar vir siekte. So 'n leerder kry dan 'n "a" (afwesig) vir die toets.

Leerders wat met toestemming nie 'n vraestel skryf nie, kry 'n "a" (afwesig). Toestemming sal slegs in uitsonderlike gevalle verleen word, indien daar vooraf ‘n reëling met die hoof getref is.

Geen toetse mag vroeër as geskeduleer geskryf word nie.

DJI_0244-min.jpg
IMG_5044.HEIC

EKSAMEN

'n Leerder wat voor die datum van ‘n vraestel met vakansie gaan, kry 0% vir die betrokke vraestel.

Indien 'n leerder siek is, moet 'n geldige doktersbrief ingehandig word om 'n "a" (afwesig) te kry. By versuim om 'n doktersbrief in te handig, sal so 'n leerder kwalifiseer vir 0% vir die betrokke vraestel.

Begrafnisse van naasbestaandes tydens eksamen: Spesiale toestemming moet vooraf by die hoof verkry word.

GEDURENDE VERLOOP VAN SKOOLDAG

Indien 'n leerder vooraf weet dat hy 'n afspraak gedurende skoolure moet nakom, moet daar vroegtydig by navrae gereël word. So 'n leerder moet op die bepaalde tyd verskoning maak by die klasonderwyser en self by Navrae aanmeld. Geen leerder sal oor die interkom geroep word nie.

Indien 'n leerder gedurende die dag ongesteld raak, moet die leerder by Navrae aanmeld. Die skool sal die ouer dan kontak en 'n reëling tref. GEEN leerder mag sonder toestemming ouers bel nie.

'n Leerder mag nie die terrein verlaat alvorens hy nie 'n afwesigheidsbrief, van die kantoor, aan die VLR-lid in sy klas gegee het nie.

ALLE leerders wat die skoolterrein vóór die einde van die dag verlaat, moet deur 'n ouer/voog by Navrae uitgeteken word.

20221020_085236.jpg
bottom of page