top of page

SEUNSDRAG

Broeke:

Slegs gryskortbroeke of lang grys skoolbroeke mag gedra word. 

Daar moet te alle tye 'n bruin of swart gordel met 'n gespe by die grys langbroek gedra word. 

Die gespe mag nie te groot of dekoratief wees nie.

Broeke moet netjies gesoom wees en die soom moet aan die skoene raak.

Broekspype mag nie nouer afgestik word nie.

Hemde: 

Wit kraaghemp met lang- of kortmoue.

‘n Das moet by ‘n hemp met ‘n stywe kraag gedra word. 

Geen gekleurde of gedrukte (met motiewe) T-hemde mag onder die wit skoolhemp gedra word nie. Indien 'n wit T-hemp gedra word, moet 'n das gedra word.

Skoene: 

Onversierde gladdeleer swart skoene met veters, sonder enige gekleurde insetsels of blink gespes.

Veters moet met 'n stewige strikkie vasgemaak word.

Die Bronx-tipe skoen, sonder veters en gespes word toegelaat.

Kouse: Grys, lang skoolkouse.

Somersdrag

IMG_1422.jpg
IMG_1423.jpg
IMG_1426.jpg

Wintersdrag

IMG_1428.jpg
IMG_1431.jpg
IMG_1434.jpg
bottom of page