top of page

SPORTDRAG

ATLETIEK (SEUNS EN DOGTERS):

‘n Skool-atletiekfrokkie saam met ‘n swart skool-atletiekbroek / skoolhardloopbroek (poly-short) / ‘n skool-“ski-pant”

Die swart atletiekbroek/hardloop-broek moet oor die ski-pant gedra word wanneer die atleet nie deelneem nie.

Die HPR-hemp mag slegs gedra word wanneer ‘n atleet nie op daardie stadium deelneem nie.

Saam met atletiekdrag dra atlete tekkies en kort wit kouse. (Geen plakkies)

SLEGS DIE SKOOLSWEETPAK MAG SAAM MET SPORTDRAG GEDRA WORD.

 

WINTERSPORT:

RUGBY:

Broeke:

Wit broeke vir die eerste en tweede spanne.

Swart broeke vir alle ander spanne.

Kouse:

Groen gestreepte rugbykouse moet self aangekoop word.

Eerste spanne dra kouse soos bepaal deur afrigters.

Truie:

Word deur die skool voorsien.

NETBAL EN HOKKIE:

Geborgde drag word by alle spanne gedra.

Kouse soos bepaal deur afrigters.

TENNIS:

HPR-Hemp saam met broek of romp soos deur afrigter goedgekeur.

KRIEKET:

Krieket langbroek met HPR-hemp en wit kortkouse.

GHOLF:

Klere word jaarliks deur afrigter saam met die span bepaal.

IMG_1413.jpg
IMG_1414.jpg
IMG_1417.jpg
bottom of page