top of page

HPR vs VOLKSRUST

PUK 16 Wedstryd Uitslae – HPR vs Volksrust

Berig deur HPR

Dit was n buitengewone koue en reënerige dag, maar met groot opgewondenheid het altwee skole die uitdaging aangegryp en nie toegelaat dat die koue ‘n demper op die dag se verrigtinge plaas nie.

Die uitslae het as volg gelyk:

NETBAL

HPR het geskiedenis gemaak met n trotse 1st span wat 70-15 gewen het, Aneska Smit is aangewys as die speler van die wedstryd.

By die 2de span het HPR 15-11 gewen na ‘n strawwe stryd. Olwethu Phonela was die speler van die wedstryd.

Die 0/16 span het Volksrust 33-9 geklop en Wernandi Swanepoel die speler-van-die- wedstryd titel verower het.

Die 0/15 HPR span het ‘n oorwinning behaal van 24-4, die speler van die wedstryd was Tanya Moyo.

Die 0/14 span wen oortuigend 38-1 , speler van die wedstryd was Anzell Kuhn.

HOKKIE

HPR se eerste span seuns lewer ‘n aanskoulike wedstryd en wen 5-1, spelers van die wedstryd was gegee aan Liam Taman en Dylan Von Wissel.

Die Junior seuns wen Volksrust met n telling van 1-0, speler van die wegstryd was Ivan Erasmus.

Volksrust het die voorhand gehad teen HPR se 1st span meisies deur ‘n groot telling van 7-0 op te stel, Ntokozo Dube word as speler van die wedstryd aangewys.

Die 2de span speel n tou-trekker wedstryd maar eindig gelykop 0-0, speler van die wedstryd word toegeken aan Karien du Toit.

Die 0/16 Volksrust span klop HPR met 3-0, speler van die wedstryd was Naledi Buthelezi.

Die 0/15 span van Volksrust wen 11-0 met n pragtige wedstryd, speler van die wedstryd is gegee aan Anke Niebuhr.

Die 0/14 span baklei vir hul wen, die eindtelling was 2-1 vir Volksrust, speler van die wedstryd was Ntombie Nene.

RUGBY

HPR se 1st span wen 45 punte teenoor 9 van Volksrust, speler van die wedstryd is toegeken aan Barry Odendal. Mooi so manne!

Die 2de span klop Volksrust met n volle 24-0, speler van die wedstryd word gegee aan Stefan De Beer.

Die 0/16 HPR span verower Volksrust met ‘n telling van 54-14, en lewer spel van uitstaande gehalte, speler van die wedstryd was Eduan Roux.

Die 0/15 span wen Volksrust met 45-0, speler van die wedstryd gaan aan Hugo Meyer. Hou so aan julle!

Die 0/14 span van HPR wen oortuigend met 39-0, spelers van die wedstryd word verdeel tussen Zander Coetzee en Henno Delport.

Spelers, ouers en afrigters mag dalk papnat gereën het, maar tog het elke donkerwolk ‘n silwer randjie gehad. Twee trotse skole met uitsonderlike uitslae, dit wil gedoen wees aan elkeen wat’ n bydrae gemaak het tot n suksesvolle dag.

bottom of page