top of page

ASA-afloskampioenskappe, 2024

Drie van ons atlete het Mpumalanga die afgelope naweek by die Suid-Afrikaanse Atletiek-afloskampioenskap in Pietermaritzburg verteenwoordig. Hulle is Mphile Zikalala, Mpilwentsha Nkosi en Gizelle van den Berg. Ons is trots om aan te kondig dat al drie atlete medaljes tydens die byeenkoms gewen het.

Die resultate was soos volg:

GOUE MEDALJES:

Mpilwentsha Nkosi was deel van die Seuns O/18 4X100m aflosspan, hulle het eerste gekom met 'n tyd van 0:42.32.

Mpilwentsha Nkosi

BRONS MEDALJES:

Mphile Zikalala het aan die Seuns O/20 4X400m-aflos deelgeneem waarin sy span derde gekom het met 'n tyd van 03:22.70.

Gizelle van den Berg het in die Dogters O/16 4x200m aflos gehardloop, haar span het die derde plek tydens die kampioenskap behaal. Hulle tyd was 01:50.60. Sy was ook deel van die Dogters O/16 Sweedse aflos (100m, 200m, 300m, 400m). Hulle het ook 'n bronsmedalje vir hierdie byeenkoms gewen met 'n tyd van 02:29.9.


Gizelle van den Berg
Mphile Zikalala

Congratulations to these athletes.

bottom of page