top of page

HISTORIESE OOMBLIK TOE DIE EERSTE SOOI GESPIT IS.

Mnr. A. Schlebusch spit die eerste sooi.

Die eerste sooi is gespit op 6 Mei 2024 deur mnr. Albert Schlebusch, waarnemende skoolhoof, en mnr. Gert Erasmus, die Voorsitter van die Beheerraad.

Hierdie grootskaalse projek het sy oorsprong gehad in die harte van omgee-ouers, kranige HPR-hokkiespelers en toegewyde hokkie afrigters.

Die Astro-projek is op 1 September 2023 tydens 'n spoggeleentheid van die HPR-Ondersteunersklub geloods.

Tydens die begrotingsvergadering in November 2023 is die finale deurslag en toestemming verleen om met die projek te begin toe ‘n vol saal ouers hul steun onomwonde aan die projek verleen het.

Die kwaliteit van die veld word gesertifiseer en is van hoë standaard en ideaal vir skole-hokkie. Die baantipe is spesifiek gekies dat dit ook ‘n watergebasseerde baan kan wees. Ons behoefte is egter tans om sandgebasseerd te gaan.


Ons verwelkom die TROMPIE-groep en sien uit om hulle elke dag vir die volgende 4 maande op ons terrein te sien werk.

Mnr. B. van Niekerk en Mnr. T. Van der Merwe (Trompie-groep), Mnr. S. Nieuwenhuizen (HPR-Ondersteunersklub), Mnr. G. Erasmus (BL), Mnr. A. Schlebusch (Hoof)


Gaan kyk gerus op ons Facebook blad na meer foto's van hierdie historiese geleentheid.










bottom of page