top of page

DOGTERSDRAG

Rokke of rompies:

Groen rok of rompie volgens voorgeskrewe snit en lengte (Maksimum 15 cm bo grond as leerder kniel). •

Dogters wat ‘n rompie dra, moet ‘n “tank-toppie” wat onderklere bedek aantrek.’n Das is NIE verpligtend nie, maar die “tank-toppie” / onderklere mag nie sigbaar wees nie.

Rompies mag nie opgerol word om dit korter te maak nie. Rompies mag nie nouer afgestik word nie.

Hemde:

Wit kraaghemp met lang- of kortmoue. 'n Das moet by ’n hemp met ‘n stywe kraag gedra word.

Geen gekleurde of gedrukte (met motiewe) T-hemde mag onder die wit skoolhemp gedra word nie. Indien 'n wit T-hemp gedra word, moet 'n das gedra word.

Broeke: 

Slegs lang grys skoolbroeke mag gedra word. • Broeke moet netjies gesoom wees en some moet aan skoene raak. 

Broeke mag nie te styf sit nie. Geen onderklere mag by langbroeke sigbaar wees nie. 

Skoene:

Onversierde gladdeleer swart skoene met 'n enkele dun gespe of toeryg tipe met 'n lae platform. 

Veters moet in 'n stewige strikkie vasgemaak word.

Kouse: 

Kort wit skoolkouse wat een keer omgevou kan word. Grys lang kouse slegs met langbroeke. 

Die dogters mag lang swart “tights” by hulle skoolrokke dra. Die skool hou egter nie voorraad aan nie. Leerlinge moet dit self aankoop. Die woord “THIGHTS” moet op die verpakking wees. Geen gewone SYKOUSE sal toegelaat word nie.

Somersdrag

IMG_1439.jpg
IMG_1441.jpg
IMG_1445.jpg

Wintersdrag

IMG_1446.jpg
IMG_1449.jpg
IMG_1452.jpg
bottom of page