top of page

O/14 Rugby Piet Retief vs. Alberton

Nog is den einde niet. Terwyl die skole krieket seisoen afgeskop het trek die onder veertien rugby span van HPR nog steeds hul tokse aan. Verlede Saterdag het hulle weereens hulle staal gewys teen die span van Alberton. Uitspeel wedstryd vir die gesogte Beeld trofee op ons eie tuisveld.

Ons besoekers het nie gedink dat, iewers op die platteland word daar sulke klip harde rugby gespeel nie. Die agressie waarmee die blou span van Gauteng af ingeklim het was sommer gou-gou kort geknip deur ons eie aanvallende spel en meendoelose laagvatte. In groote en pak massa was ons duidelik ten minste een man kort in die skrums, maar dit bepaal nie n span se sukses nie. Eerder hoe goed hulle kan saamspeel en die span wie se oortuiging dit is dat hulle die beste is.

Alhoewel hulle spelers groter was het ons hulle laat sukkel in die skrums en het ons met tye hulle meters ver gedryf. Ons wen die lynstane mooi en sorg vir opwindende storm lopies. Verdediging was van top gehalte, en dinge kon nie beter gaan nie. Ons gaan kuier drie keer agter hulle doelyn en wen die wedstryd met 26-0.

Baie geluk. Ons sien uit na die volgende een in Vereeniging.

bottom of page