top of page

HOËVELD TENNISLIGA TE SECUNDA: 10, 12 EN 16 AUGUSTUS 2016

Wat hou die dag in vir 'n Pietie, wanneer die wekker jou reeds 3 uur die oggend wakker raas, die bus 4 uur na Secunda toe vertrek en dit baie koud en nog donker is?

Drie ongelooflike dae propvol tennis, saam met die beste tennismaats, rustigste onnies, ondersteunende ouers en super lekker kuiers in die bus op die pad!

Die volgende skole het deelgeneem: HPR, EHS, Ligbron, Standerton, Secunda, Oosterland, Hoogenhout en Volksrust

Ons 1e span dogters, nl.: Kari Johannes, Kirsten Weber, Jani Johannes en Miéke van der Walt, het HPR se naam hoog gehou en 4e in die liga geëindig.

Hulle wen 29 - 26 teen Ligbron, 39 - 16 teen Oosterland en 45 - 10 teen Hoogenhout.

Kirsten Weber vaar baie goed in die enkelspelle.

Die1e span seuns, Udo Böhmer, Werner Lilje, Jens Prigge en Thomas Gevers, het baie mooi gespeel. Baie van die wedstryde was byna 'n gelykopstryd, maar het hulle ongelukkig soms die onderspit gedelf!

Die 1e seuns wen Secunda 41 - 14, wen 28 - 27 teen Volksrust en seëvier ook teen Oosterland met 40 - 15, om 5e in die liga te eindig!

Vir die 2e span seuns, Christian Weber, Coenraad Stapelberg, Tiaan van Aardt en Hendré Bruwer was dit taai wedstryde, maar hulle het glad nie teruggestaan vir die ander skole nie. Die hoogtepunt was die naelskraap sege van 28 - 27 teen EHS en ook met dieselfde telling teen Volksrust!!

Bemoedigend vir ons tennis, is dat ons hierdie jaar ook weer 'n 2e dogterspan gehad het, nl.: Azelle Landman, Claudia Schulenburg, Emma Stevens en Amy Ballantyne. Hierdie dogters het hulle harte uitgespeel, maar ongelukkig net teen Standerton die septer geswaai met 37 -18.

Na drie dae van harde tennis van vroeg tot laat, sien ons almal al klaar weer uit na volgende jaar se ligawedstryde!!!

bottom of page