top of page

HPR PRYSUITDELING


DIE TAFEL WAS GEDEK VIR ‘N FYNPROEWERSMAAL

Die jaar tweeduisend en sestien het Hoërskool Piet Retief genoeg rede gegee om ‘n spogaand op Woensdagaand die 19de Oktober te hou en breëbors aan te kondig wie ons toppresteerders van die jaar was.

Al die leerders wat ‘n prys werd was hierdie jaar is vereer vir al hul harde werk, op sport, kultuur sowel as op akademiese gebied.

Na al die lieflike reën wat geval het die afgelope tyd het dit HPR nog meer rede gegee om dankbaar en bly te wees vir alles wat na ons kant toe gekom het hierdie jaar.

BAIE GELUK aan al die leerders wat pryse ontvang het en dankie aan elke ouer, onderwyser en leerder wat ‘n positewe bydrae tot die skool gemaak het hierdie jaar. ‘n GROOT DANK aan ons hoofborg TWK, sonder wie die aand nie ‘n sukes sou wees nie.

PRESTIGE PRYSE:

Beste leerder in elke graad:

Graad 8 - Christopher Ries

Graad 9 - Klara Meyer

Graad 10 - Judhi Rens

Graad 11 - Christine Weber

Sportman van die jaar – Herman Schlebusch

Sportvrou van die jaar – Zunéldi Labuschagne

Beste sportprestasie van die jaar – Miéke van der Walt

Kultuurpersoonlikheid van die jaar – Armand Lombard

VOLLE EREKLEURE

Annette Rabe, Morné Badenhorst, Annémi Nell, Nkosinathi Mthethwa, Louis Murray, James Fourie, Madeli Sunkel, Janeke Geyer, Simone Odendal, Marnus Stapelberg, Rylee Bronkhorst, Charléne Janssens.

HOOFLEIERS VIR 2017

Lindelani Makhanya en Chelbé Vorster

Die crème de la crème van alle pryse: Duxleerder van 2016 is Naushad Valli. Naushad ons sit in afwagting en kyk na watter skitter matriekuitslae jy gaan oplewer! Dalk Top 10 in RSA!

Baie dankie aan mev. Van Rooyen vir die puik reëlings van hierdie spogaand.

‘n Spesiale dank gaan hierdie jaar aan dr. Gangat vir sy mooi gebaar om aan die Top 10 akademiese matrikulante elk R1000 as beloning te gee. Dit word opreg waardeer.

bottom of page