Hoërskool Piet Retief vs Vryheid – o/15A Rugby 20/02/2017
Die atletiek is verby en die rugby seisoen skop sommer dadelik af. Op 'n nat en reënerige Maandag middag vertrek ons na Vryheid om ons eerste wedstryde te speel.
Na 'n lekker opwarming sessie is ons manne op die veld om hulle staal te wys, en net soos verlede jaar hou hulle aan met hul veelsydige spelpatrone om die wedstryde te beheer en die toeskouers te beïndruk.
Kragtigge voorspelers verseker dat ons deurentyd bal besit behou, wat geleenthede skep vir die agterlyn om opwindende aanvallende stormlopies te maak. Uitstekende verdediging laat die manne van Vryheid moedeloos en vehinder hulle om punte aan te teken. Ons balhantering is op goeie standaard en ons gaan groet die doellyn met gereelde tussenposes.
Baie geluk aan die onder 15A span wat hulle goed van hulle taak gekwyt het en die wedstryd met 39-0 gewen het.
Op die B veld het daar ook n slagting plaas gevind waar die onder 15B span van Piet Retief met 11 drieë geseevier het.
Stay in practice and keep up the good work guys.