top of page

Wintersport


1ste Rugby

Die afgelope naweek het die 1ste-span hulle PUK 16-reeks afgeskop teen Hoërskool Volksrust op tuis bodem. Piet Retief kon egter nie daarin slaag om punte op kritieke tye aan te teken nie en het onnodige foute gemaak wat Volksrust in die wedstryd gehou het. Piet Retief was halftyd voor met ‘n skrale twee punte.

Die tweede helfte het Volksrust ‘n strafskop oorgesit om die wedstryd met 15-14 in hulle guns te beklink. Piet Retief se drieë is gedruk deur Sphe Mthethwa en Samkelo Ndlovu, Steve Scheepers het albei drieë verdoel.

Die eerskommende naweek speel Hoërskool Piet Retief op Hoërskool Pionier van Vryheid se velde, wedstryde begin om 08:00. Hoop om ondersteuning in groot getalle daar te sien.

0/16A Rugby vs Volksrust Wen 46 - 0

Mooi manne, julle het baie beter gespeel !

Dit was mooi om te sien hoe ons dit toegepas het wat so hard aan gewerk word in die oefeninge.

Die skakeling tussen voor en agterspelers begin regkom, maar ons het nog baie werk voor Pionier die naweek. Met bietjie meer konsentrasie en afronding kon ons nog meer punte aangeteken het, maar ons wen tog met 46 – 0 en druk 8 drieë

Punte:

Drieë: Rian (2) en 1 elk deur Stix, Tiaan (Bornman),Mfezeko, Sisikelo, Simphiwe en Awethu.

Skoppe: Arrie slaag met 3 doelskoppe

IO/15A Rugby

Saterdag was daar met groot opgewondenheid gewag vir die amptelikke begin van die wintersport tuis.

Aan die begin van die wedstryd kon mens sien dat die manne eers die gevoel van hulle oponente wou kry en was deurgans gestraf vir die harde manier waarop hulle die losballe skoongemaak het. Dit het ons, ongelukkig 'n drie teen ons gekos in die eerste paar minute van die wedstryd.

Dit het ons nie afgeskrik nie en ons antwoord met 'n prag drie in die hoek van die veld. Die spel het geleidelik meer in ons guns geswaai nadat die manne gekonsolideer het en weer soos verlede jaar hulle goed inge-oefende spel patroon begin speel het. Die ritme het al vinniger geword en die ondersteuners kon nie vir beter rugby vra nie.

Ons lynstane is uit die boonste rakke, soveel so dat daar later nie eers meer gekompeteer word vir die bal nie maar eerder probeer was om ons manne uit die spel uit te haal. Hantering in die agterlyn kort nog n bietjie aandag andersins kry hulle 10/10 vir verdediging en aanvallende spel.

We sent them back home with a nasty defeat of 43-5. Congratulations to the whole team and best of luck for the rest of the season.

O/104 Rugby

The U/14 A team had their first match of their high school career. Hulle wen 41-12 teen Volkrust.

They scored 4 tries in the first half, scored by Hugo Meyer,Devan Smith , Alwethwa Buthelezi and Chris Maree. They came back in the second half with another try by Alwethwa Buthelezi and Chris Maree, showing great character as it was both their second tries in the game. The last try of the game was scored by Jandre Venter. Luco Van Der Walt adding 6 points to the score board with his conversions.

Man of the match was Deacon Pretorious. The boys played together and are ready to take Pionier this weekend in Vryheid.

NETBAL

Die Hoȅrskool Netbal het dié jaar se PUK16 op ‘n hoȅ noot “afgegooi”!

Volksrust het vroeg op 3 Maart, as gedugte opponente, teen Piet Retief se A-spanne te staan gekom. Piet Retief se sportvelde het gewemel van toeskouers en die opgewondenheid was tasbaar.

Al Piet Retief se netbalspanne het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt, en kon daarin slaag om al hul wedstryde te wen.

Netbaltoeskouers was vasgenael langs die veld, terwyl die skool se eerste netbal span almal op hul voete gehad het , met hulle uitstekende spel. Die eerste span is ‘n toonbeeld van dissipline en stel voorwaar ‘n voorbeeld vir al die skool se netbal spelers op en van die veld.

Uitslae vir die spanne is soos volg:

O/14 A-span wen oortuigend 30-3 en die speler van die wedstryd word aangewys as Tiyandza Shongwe.

Die O/15 A-span wen 26-2 en Tsolofelo Ramontsha is as die speler van die wedstryd benoem.

Die O/16 A-span wen 24-12 en die speler van die wedstryd was Malaika Shongwe.

Die tweede span wen gemaklik met 33-4 en Angelic Klingenberg word hier aangewys as speler van die wedstryd.

Die eerste span wen Volksrust 45-16 en hier is Rebecca Ries as die speler van die wedstryd aangewys.

Afrigters en spelers is opgewonde oor die seisoen wat voorlȇ en is dit eens dat dié jaar se netbal belowende resultate gaan oplewer.

HOKKIE

1ste Hokkie

HPR skop die PUK-16 reeks af met 'n ongelooflike wedstryd teen Volksrust. Die 1ste-span meisies was gereed vir 'n wedstryd wat niemand gou sal vergeet nie. Teen haftyd is die telling nog 0-0 en almal begin die spanning voel. Piet Retief maak menige pogings om die bal in die boks te kry, maar die bal wil net nie in nie. Met 10 min oor breek Volksrust ongelukkig deur en word die eerste doel aangeteken.

Piet Retief verloor ongelukkig 2-0.

Speler van die wedstryd - Amy Ballantyne, met fantastiese verdediging het sy 'n paar keer vir haar span verligting gebring.

Bly op die uitkyk vir hierdie meisies, hulle is gereed vir groot dinge.

HOKKIE

2de SPAN

VOLKSRUST… ons hoor net die naam en almal is op hulle senuwees! Dis asof dit amper ’n “tradisie” geword het om teen hulle te verloor! Maar genoeg is genoeg! Die meisies van die 2de span het op Saterdag, 4 Maart 2017 besluit om weer hokkie te speel omdat dit LEKKER is! En siedaar, ons wen sowaar vir VOLKSRUST 4-0!

Isabella Klingenberg het die bal aan die rol gesit met die eerste doel in die 18de minuut van die wedstryd! Sy het dit so geniet dat sy sommer 3 minute later weer die bal laat klap het in die hok! Marli Luyt en Elizna Stapelberg het toe in die tweede helfte besluit dat hulle ook wil deel hê in die pret en toe ook elk ’n doel aangeteken! Aan die ander kant van die veld het Carmen Reid gesorg dat Volksrust nie eers naby die kas kom nie en dit het gesorg vir pragtige hokkie. Carmen is dus die agterspeler van die wedstryd, terwyl Marli Luyt as voorspeler van die wedstryd aangewys is.

Baie geluk meisies! Ons is trots op julle en sien uit na die res van die seisoen!

“Watch this space!” Van LEKKER speel, kom LEKKER WEN!

O/16

Die 0/16 meisie hokkiespan het die seisoen op ‘n hoë noot begin deur Hoërskool Vryheid met 2 doele teenoor 0 te wen in ‘n vriendksaplike wedstryd verlede Woensdag. Saterdag teen Volksrust, ‘n gedugte teenstander, het die meisies hul staal gewys en slegs 1 doel afgestaan in die tweede helfte. Die eindtelling was 4 doele teenoor 0. Erin Harcombe was “lady” of the match.

O/15 Hokkie

O/15A Hokkie het ongelukkig verloor nadat hulle baie goed begin het. Volksrust was net die beter span op die veld en wen met 3-0.

Speler van die wedstryd was Zené Jonker.

Sterkte vir die wedstryd teen Pionier meisies!

O/14 Hokkie

Die O/14's het ongelukkig nie gewen nie nie, maar dit word beskou as 'n uitstekende leerondervinding aangesien hulle teen 'n baie sterk span te staan gekom het.

Speler van die wedstryd is Jenske de Villiers.

Ons sien uit na die res van die seisoen waarin ons saam gaan groei.

bottom of page