top of page

HPR SE PRONKAAND

Hoërskool Piet Retief het sy vere reggeskud en gepronk met sy spogleerdes van 2017.

By die skool se jaarlikse prysuideling is ons skool se leerders vereer vir harde werk wat gelewer is op akademiese, sport sowel as op kultuur gebied hierdie jaar.

Baie dankie aan mev. Louret van Rooyen wat verantwoordelik was vir die puik organisasie van hierdie glansaand.

Baie geluk aan al die leerders wat pryse ontvang het en ons skool se naam hoog gehou het op alle gebiede hierdie jaar.

Kultuurpersoonlikheid van die jaar : Amy Ballantyne

Beste Sportprestasie : Sibusiso Madonsela

Buitengewone Sportprestasie buite skoolverband : J.C.Potgieter

Sportman van die jaar : Luco van der Walt

Sportvrou van die jaar : Zunéldi Labuschagne

Hoofleiers van 2018 : Udo Böhmer en Marli Luyt

GRAAD 12 VOLLE EREKLEURE

Ananja de Bruyn, Elizna Stapelberg, Arno Grobler, Claudia Schulenburg, Armand Lombard, Katelyn Pillay, Azelle Landman, Lindelani Makhanya.

Michelle Dedekind is spesiaal vereer vir die feit dat sy vir vyf jaar tusen vele operasies en ander ontberinge deur dit tot in haar matriekjaar gemaak het en het ‘n staande ovasie van haar mede-Pieties gekry.

Die crème de la crème van alle pryse is welverdiend deur ons slim Duitsertjie Christine Weber in ontvangs geneem.

Sy is die Duxleerder van 2017.

Baie geluk aan alle Pieties en hulle ouers en geniet julle welverdiende rustyd en die Feesgety.

In 2018 pronk ons weer!

bottom of page