top of page

“NEVER STOP TRYING, NEVER STOP BELIEVING. NEVER GIVE UP!” HIERDIE IS DIE MOTO VAN TOP PRESTEERDER CH


Christine slaag matriek 2017 met 9 Onderskeidings.

Haar uitslae is soos volg:

Afrikaans Huistaal: 85%, Engels Eerste Addisionele Taal: 85%,

Duits Tweede Addisionele Taal: 98%, Wiskunde: 91%,

Lewensoriëntering: 90, Rekeningkunde: 94%, Besigheidstudies: 87%, Fisiese Wetenskappe: 92%, Gevorderde Wiskunde (ApMaths) 89%


Sy gaan haar studies in B.Com Rekeningkunde in Januarie 2017 begin by die Universiteit van Pretoria.

Haar Stokperdjies is om te lees, swem en om musiek te luister.

Sy het Desember saam het haar vriendinne Brigitte, Elizna en Tanya op hulle matriekvakansie by Umhlanga gaan uitrus vir die volgende skof van haar lewe.

Christine se moto is: Never stop trying, Never stop believing... Never Give up! Hierdie moto sluit mooi aan by Hoërskool Piet Retief se leuse wat sê Volhard!


Ek is seker as ek hier skryf dat die hele Piet Retief trots is op jou Christine maak ek nie ‘n grap nie. Jy is inspirasie en jy was altyd ‘n lojale en pligsgetroue leerder hier by ons. Jy verdien elke onderskeiding en ons wens jou sterkte toe met die toekoms .

bottom of page