Dit is met groot hartseer dat ons verneem het van die afsterwe van mev. Elize Riekert.
Mev. Riekert was baie van die hoërskoolonderwysers se kinders se Gr.1-juffrou. Sy was ‘n fenominale onderwyseres en het altyd met ‘n glimlag elke leerder in haar klas ontvang. Sy laat ‘n groot leemte en ons harte is baie seer.
Ons dink spesiaal aan haar gesin en familie. ‘n Mens kan net dink dat as sy so groot leemte in die skool nalaat, in hoe ‘n mate sy by haar gesin en familie gemis gaan word. Mnr Phillip Riekert, ons innige meegevoel met u en die kinders. Elize was sprankelend en sal so onthou word.
Aan Laerskool Piet Retief wil ons ook ons medelye betoon. Ons gedagtes en gebede is by julle almal.
