top of page

KLOK & FONTEIN PROJEK

HOËRSKOOL PIET RETIEF

KLOK & FONTEIN PROJEK

UITVOERENDE RAAD 2023

Beste HPR-vriende

Die Uitvoerende Raad van 2023 loods vanjaar ‘n projek om ‘n nalatenskap te vestig ter uitbouiing van die tradisies en kultuur van die skool.
Die beplande projek is ‘n klok en fontein langs die nuwe skoolsaal. Die doel van die klok is om ‘n nuwe seremonie te vestig waar die Graad 8’s met die lui van die klok, die begin van hul Hoërskoolloopbaanjaar inlei. Die klok sal ook gelui word met die Graad 12’s se laaste dag om die einde van hul skoolloopbaan af te sluit.
Bouwerk het reeds begin, omdat ons die tradisie in 2023 wil vestig. Om die projek te finansier bied ons 25 individue of maatskappye die geleentheid om R5000.00 te borg. Die borge se name sal op ‘n gedenkplaak gegraveer word en vertoon word by die fonteinarea.
Ons versoek asseblief u ondersteuning omdat die seremonie sal bydrae tot die positiewe groei en uitbouiing van Hoërskool Piet Retief.
Donasies kan in die volgende rekening inbetaal word:
HPR Ondersteunersklub
FNB Tjek
Rek nommer : 62920309029
Verwysing : Klok
U ondersteuning sal baie waardeer word en ons sien uit na u positiewe antwoord.
Vir verdere inligting indien benodig, kontak gerus vir Tommy Ferreira by 082 387 5489.

Groete

Uitvoerende Raad 2023

bottom of page