top of page

KOSHUIS NUUS

In 2021 het die koshuis amptelik in twee koshuise verdeel.


Die meisieskoshuis staan bekend as Huis Protea


Die meisieskoshuis staan bekend as Huis Protea en mev L. van Rooyen is die koshuismoeder. Mev Van Rooyen is reeds 12 jaar ‘n diensdoenende personeellid en dien tans haar tweede termyn as koshuismoeder.




Die seunskoshuis staan bekend as Huis Impi

Die seunskoshuis staan bekend as Huis Impi en mnr De Waal is koshuisvader. Mnr De Waal is reeds 7jaar ‘n diensdoenende personeellid en dien sy eerste termyn as Koshuisvader.










Op Sondag, 9 Januarie 2022, het ons die nuwe graad 8’s, sowel as die koshuisprefekte, verwelkom.

Dit het die Graad 8’s kans gegee om nes te skrop voor die groot oriëntering Maandag by die skool

begin het. Die leiers het toe ook sommer van die geleentheid gebruik gemaak om die graad 8’s

swembad toe te vat.

Op Donderdag, 13 Januarie 2022, het die koshuise saam vergader en moes die Graad 8’s hulself aan

die res van die koshuisleerders voorstel. Hierdie tradisionele seremonie vind een keer per jaar plaas

en dan moet alle ander nuwelinge ook hulself voorstel. Dit is elke jaar baie pret en dien dan ook as ‘n

ysbreker.

Die volgende geleentheid om na uit te sien is die kleedrepetisie van die groentjiekonsert. Dit word

tradisioneel die aand voor die die publieke vertoning, eers vir die koshuisleerders opgevoer. Die

geleentheid word vir Woensdag, 19 Januarie 2022 beplan.



bottom of page