VOLKSRUST GOUE MEDALJE-ATLETIEKBYEENKOMS, 2024
- Marijke De Waal
- Feb 16, 2024
- 1 min read
VOLKSRUST GOUE MEDALJE-ATLETIEKBYEENKOMS GEHOU OP VRYDAG, 9 FEBRUARIE 2024
Ons het die afgelope Vrydag 'n heerlike middag-aand byeenkoms op Volksrust bygewoon. Hoërskole Standerton, Volksrust, Ferrum en Pionier het ook deelgeneem aan die byeenkoms. Ons atlete presteer weer eens pragtig en hul welslae vuur ons net nog verder aan vir die Interhoër eerskomende naweek by Secunda. Alhoewel die byeenkoms uitgereën het en ons nie al die items kon afhandel nie, behaal ons steeds 34 eerste plekke, 30 tweede plekke en 27 derde plekke.
EERSTE PLEKKE BEHAAL:
Na afloop van die byeenkoms word die volgende drie atlete ook beloon met trofeë:
Baie dankie vir elke ouer en ondersteuner wat nogmaals so getrou op julle pos langs die baan ons aanmoedig. Met soveel ouers op die pawiljoen, het dit byna soos ‘n tuisbyeenkoms gevoel. Die kinders en afrigters waardeer u positiewe ondersteuning!



