top of page

Landsdiens se AVONTUURKAMP | 2024

*KULTUUR 2024: LANDSDIENS*


Die Landsdienslede het die naweek van 17 April op die jaarlikse gebiedkamp gegaan by Kwalata Avontuurkamp geleë in Hammanskraal.

Die Landsdiens lede het die naweek behoorlik geniet en baie geleer. Die lede het op wild-ritte en eco- voetslaan paaie gegaan, geleer oor die verskillende bome en voëls wat mens in die Bosveld kry en ook hoe om die verskil tussen sommige slange uit te ken. Hier was ook die geleentheid gegee aan leerders om aan PopEye te vat, die kamp se eie luislang te vat. Die lede moes ook 'n volle restaurant / potjiekos kompetisie deurstaan en Landsdieners van ander skole leer ken en as spanne saam werk.


bottom of page