scroll down for English
Inleiding
Soos wat ons skool al hoe meer floreer in die 21ste eeu, moet ons op alle moontlike vlakke aanpas en ontwikkel. Hoewel ons op vele fronte uitblink, is dit nodig dat ons op die toekoms van die skool fokus met ‘n hernude visie- en missie-verklaring. Om ons doelwitte te vernuwe, moet ons ‘n nuwe koers inslaan en aanpas by ons veranderende en uitdagende omgewing.
Na ons strategiese beplanningsessie, het die bestuur besluit om al die belanghebbendes (wat leerders,onderwysers en ouers insluit) te raadpleeg, sodat hul deel kan wees van die proses om die visie- en missie-verklaring op te dateer.
Riglyne om in ag te neem vir die formulering van ‘n visie- en missie-verklaring:
1. Dit moet kort, op die punt af en skoolgerig wees.
2. VISIE-VERKLARING
Die skool se visie rig die skool se waardes en doelwitte.
Dit voorsien ouers en die gemeenskap van ‘n kort, maar duidelike oorsig oor die oorhoofse etos van die skool.
3. MISSIE-VERKLARING
Die missie-verklaring van ‘n skool verduidelik wat die skool in daardie stadium doen om sy visie te verwesenlik.
4. Skole benodig beide ‘n visie- en ‘n missie-verklaring om hul waardes en oortuigings aan die gemeenskap bekend te maak.
Voorbeelde van goeie VISIE-VERKLARINGS:
1. Visie: Om uitnemendheid in elke leerder te bewerkstellig.
2. Ons is toegewyd aan ‘n tradisie van uitnemendheid in ‘n wêreld wat voortdurend verander. Ons voorsien ‘n relevante, hoë kwaliteit opvoeding in ‘n veilige omgewing aan ons diverse leerders om hul vir die toekoms voor te berei. Ons skryf prestasie hoog aan en moedig trots in onsself, ons skool en ons omgewing aan.
3. Ons visie is om sterk, positiewe bande te smee met ons leerders, sodat hulle selfstandigheid kan bereik, selfvertroue kan opbou en akademiese kennis kan inwin.
4. Ons streef daarna om alle leerders voor te berei om lewenslange leerders en verantwoordelike landsburgers te word, gereed om die uitdagings van die toekoms aan te pak. Met die samewerking van leerders se families en die gemeenskap, is dit ons doel om relevante geleenthede vir leer te skep vir ons leerders, beide binne en buite die klaskamer.
5. Ons skool se visie is om ‘n leerdergeoriënteerde leerprogram te voorsien wat alle leerders aanspoor om tot hul volle potensiaal te presteer.
6. Ons skool sal geleenthede skep om leerders te help om hul akademiese en persoonlike doelwitte te bereik wat sal lei tot ‘n vervullende toekoms in die samelewing.
7. Ons skool sal ‘n omgewing kweek wat individue akademies, sosiaal en emosioneel opvoed, sodat hulle toegerus is om akademies uitdagings aan te pak en produktiewe lede van die samelewing te word.
8. Ons skool is ‘n leerdergesentreerde organisasie wat uitnemendheid in onderrig voorsien. Ons span is toegewyd aan ons leerders, ons gemeenskappe en aan mekaar.
Voorbeelde van goeie MISSIE-VERKLARINGS:
1. Ons sal alle leerders vir verdere studie en die lewe voorberei deur ‘n uitdagende kurrikulum, wat verband hou met leerders se lewens en hulle toekoms in ‘n veilige en ondersteunende omgewing.
2. Ons missie is om ons leerders voor te berei en te motiveer vir ‘n vinnig veranderende wêreld deur by hulle kritiese denke, ‘n globale perspektief en ‘n respek vir kernwaardes van eerlikheid, lojaliteit, deursettingsvermoë en deernis te kweek.
3. Ons missie is om ‘n veilige tuiste te skep waar almal met waardigheid en respek behandel word. Alle personeellede, in vennootskap met ouers en families, is toegewyd om leerders voor te berei vir voortgesette onderrig en loopbane. Leerders word bemagtig om huidige en toekomstige uitdagings aan te pak en sodoende sosiale bewustheid, burgerlike verantwoordelikhede en persoonlike groei te ontwikkel.
KOMPETISIE:
Hiermee wil ons alle belanghebbendes, leerders, ouers, onderwysers en enige ander lede van die skoolgemeenskap uitnooi om insette te lewer deur deel te neem aan die kompetisie om vir Hoërskool Piet Retief ‘n nuwe visie- en missie-verklaring op te stel.
Inskrywings kan gestuur word na hspr@hspr.co.za
Sluitingsdatum vir inskrywings: 27 Mei 2022
Introduction
As our school grows from strength to strength into the 21st century, we adapt and evolve on all possible levels. Although we excel on many fronts we also need to focus on the future of this school with a renewed vision and mission statement. To refresh our goals we need to reset the compass and adapt to our changing and challenging environment.
After our strategic meeting, the management team decided to consult all the relevant stakeholders, including learners, educators and parents, to be part of the process of renewing our vision and mission statement.
Guidelines to consider in formulating a vision and mission statement:
1. It should be short / to the point / school based.
2. VISION STATEMENT
School vision statements outline a school’s values and objectives.
They provide parents and the community a brief but clear overview of the overall ethos of the school.
3. MISSION STATEMENT
School mission statements explain what the school is currently doing to achieve its vision.
4. Schools need both vision and mission statements to show their community what their values and beliefs are.
Some examples of good VISION STATEMENTS:
1. Vision: Cultivating excellence in every student.
2. We are dedicated to a continuing tradition of excellence in an ever-changing world. Within a safe and supportive environment, we provide a relevant, high-quality education and prepare our diverse student body for future endeavours. We honour achievement and promote pride in ourselves, in our school, and in our community.
3. Our vision is to forge strong, positive connections with students so they can achieve independence, build confidence, and gain academic knowledge.
4. We strive to prepare all students to become lifelong learners and responsible citizens ready to meet the challenges of the future. In partnership with families and community, our goal is to create relevant learning opportunities for students — both inside and outside the classroom.
5. Our school’s vision is to provide student-centered educational programs that challenge all students to perform at their highest potential.
6. Our school creates a pathway to assist students in achieving their educational and personal goals leading to a fulfilling future within the greater community.
7. Our school will foster an environment to nurture individuals academically, socially, and emotionally so that they are equipped to tackle academic challenges and become productive members of society.
8. Our school is a student-centered organization delivering excellence in education. Our team is committed to our students, our communities, and each other.
Some examples of good MISSION STATEMENTS:
1. We will prepare all students for college and life by providing a challenging curriculum that connects students' lives and their future in a safe, supportive, and nurturing environment.
2. Our mission is to prepare and motivate our students for a rapidly changing world by instilling in them critical thinking skills, a global perspective, and a respect for core values of honesty, loyalty, perseverance, and compassion. Students will have success for today and be prepared for tomorrow.
3. Our mission is to provide a safe haven where everyone is valued and respected. All staff members, in partnership with parents and families are fully committed to students’ college and career readiness. Students are empowered to meet current and future challenges to develop social awareness, civic responsibility, and personal growth.
COMPETITION:
We would like to invite all stakeholders, students, parents, teachers and any other members of the school community with insights to offer, to participate in a competition in order to get a comprehensive renewed vision and mission statement for Piet Retief High School.
Entries can be send to hspr@hspr.co.za
Closing time for entries: 27 May 2022