top of page

Neem asseblief kennis van die volgende besluite wat deur Hoërskool Piet Retief geneem is.

Geagte Ouers

Neem asseblief kennis van die volgende besluite wat deur Hoërskool Piet Retief geneem is te midde van die uitdagende tyd waarin ons, ons bevind:

Graad 12’s:

  • Die graad 12’s gaan vir ‘n week ‘n ruskans gegun word en geen huiswerk ontvang nie.

  • Op 3 Augustus keer die leerders terug en sal die laaste werk vir die jaar gedurende daardie week afgehandel word.

  • Die 10de en 11de Augustus is bloktyd. Op 12 Augustus begin ‘n interne eksamen wat sal duur tot 28 Augustus.

  • Na aflegging van die eksamen sal vraestelle deurgegaan word en sal hersiening voortgesit word tot en met 11 September.

  • Die rekordeksamen begin op 14 September.

U kan gerus wees dat die personeel vol vertroue is en tevrede is met die vordering wat plaasgevind het, ten spyte van alles wat 2020 ons voor die deur gelê het.


Die res van die skool:

Die graad 8 tot 11 leerlinge gaan geen werk vir die volgende twee weke ontvang nie. Daar sal weer na afloop van die blaaskans werk op die webwerf gelaai word. In sekere vakke ontvang die graad 10 en 11 leerlinge harde kopieë van werk wat asseblief gedurende die laaste twee weke van inperking voltooi moet word. Daar sal ‘n week voor die beplande terugkeer, op 24 Augustus, reëlings in die verband aan u gekommunikeer word.

Baie sterkte aan elke ouerhuis en pas uself mooi op.

Groete,


SE Bouwer






 

Dear Parents

Please take note of the following decisions taken by the school amidst the challenging times we find ourselves in:

Grade 12 learners:

  • The grade 12’s will be allowed a week’s holiday in which no homework will be assigned.

  • On the 3rd of August the learners will return to school to complete the last week of work for the year.

  • The 10th and 11th of August will be study days and on the 12th of August, learners will start an internal examination that will end on the 28th of August.

  • Upon completion of the above exam, papers will be discussed and revision will be done until the 11th of September.

  • The trial exam will start on the 14th of September.

Parents can rest assured that the staff feel confident and are happy with the progress made by the Grade 12 learners.

The rest of the school:

The grade 8 - 11 learners will receive no work for the next two weeks. Homework will however be loaded onto the website after the first two weeks of rest. In certain subjects of Grade 10 and 11, students will receive hard copies of work that must please be completed during the last two weeks of lockdown. Before the planned return of students on the 24th of August, parents will receive communication from the school, a week in advance to let you know of the procedures.

Please stay safe and take care of yourselves.

Kind regards,

SE Bouwer

bottom of page